Covid Pandemie

Die pandemie breek reg aan die begin van die 2020 sitrusseisoen uit.  Almal is onseker, nuwe reëls en regulasies word gereeld gepubliseer.  Slegs mense wat essensiële dienste lewer verkry permitte.

Die plasing van spanne na plase vir die seisoen word met groot omsigtigheid gedoen.  Koors word gemeet, simptome opgeweeg en daar word met maskers gewerk om seker dat maak dat die siekte nie tussen spanlede uitbreek nie.

Dit is etlike maande later.  Die pandemie pla steeds terwyl ons oeste suksesvol afhaal en plaasprojekte afhandel.

Dit is met groot nederigheid dat ons kan rapporteer dat die virus tot op hede nie by enige van Khulani se spanne uitgebreek het nie. Dit is as gevolg van goeie stelsels op plase,  streng beheer deur spanleiers en baie Genade.  Ons is uiters dankbaar.