Elza van Zyl
Stigter, eienaar en bestuurder van Khulani Labour
Stephanus van Zyl
Operasionele Bestuurder
Susan Williams
Bestuur administratiewe kantoor en is hoofsaaklik verantwoordelik vir die verwerking van werkers se lone.
Die Khulani Spanne
Khulani beskik oor 25 spanleiers wat elkeen met ‘n kerngroepie werkers onder hulle werk. Altesaam is 600 arbeiders werksaam by Khulani. Hierdie groepie se getalle en vaardighede wissel na aanleiding van watter diens deur kliënte benodig word. Gedurende die wintermaande wanneer ons byvoorbeeld hoofsaaklik sitrus oes, lyk die profiel van spanne anders as gedurende die somermaande wanneer ons met tafeldruiwe werk. Kliënte kommunikeer hulle behoeftes en ons probeer daaraan voldoen.
Die spanne skuif tussen plase soos en wanneer werk beskikbaar raak. Negentig present van die tyd slaap spanne in hostelle op plase en bly daar vir die duur van die seisoen. Wanneer die kontrak verstryk, word werkers terug geneem na die dorp waarvandaan hulle gehaal is.
Ons poog voortdurend om werkers met potensiaal ‘n geleentheid vir bevordering tot spanleier te gee. Individue met potensiaal word binne spanne geidentifiseer en ontvang voortdurend ‘coaching’ van die spanleier waaronder hy/sy werk. Sodoende skep ons diepte binne ons bestuurspan.
Spanne kom van verskillende dorpe: Clanwilliam, Citrusdal, Malmesbury, Moorreesburg, De Doorns en Worcester. Ons het heelwat werkers wat afkomstig is van Umtata, Barkly Oos en Sterkspruit.
Khulani-spanne werk graag in enige omgewing/dorp. Ons wil graag vir 12 maande van die jaar werk. Ons werk tans in die Clanwilliam, Trawal, Klawer, Citrusdal, Piketberg, Koue Bokkeveld, Riviersonderend en Grabouw areas. Diens is al tot so ver as Kirkwood in die Oos-Kaap gelewer.