Gesels met Khulani
By Khulani doen ons dinge 100%, vertroulik en gemaklik!
Gesels met ons oor hoe ons JOU kan help.
Ons voldoen aan alle arbeidsvereistes
Khulani is ‘n geregistreerde werkgewer by SARS en die Departement van Arbeid en voldoen aan alle addisionele vereistes soos wat deur Siza en Etiese Oudits voorgeskryf word. Khulani is ook by die Vergoedingskommissaris as werkgewer geregistreer.
Khulani tree op as die werkgewer van beide die spanleiers en die werkers. Werkers word volgens die Wet op Basiese Diensvoorwaardes gekontrakteer. Spanne ontvang en teken ‘n kontrak vir ‘n spesifieke periode soos wat deur die kliënt voorgeskryf word
Lone word deur Khulani se adminkantoor op Clanwilliam verwerk. Werkers ontvang ‘n betaalstrokie waarna die lone in werkers se bankrekeninge inbetaal word. Khulani doen alle statutêre betalings vir WVF, SDL en WCA.
Twee keer per jaar word IRP5 berekeninge en -rekonsilliasies gedoen soos deur SARS vereis.
Dit is hoe ons dit doen…
Die Kliënt doen ‘n behoeftebepaling van seisoenale arbeid benodig, verkieslik 4 weke voor die aanvang van die seisoen en/of tydperk wanneer addisionele arbeid benodig word
Die Kliënt kontak Elza van Zyl en kommunikeer die getal werkers benodig, vir watter tydperk, watter vaardighede hierdie werkers moet hê en hoeveel mans en vroue benodig word
Kliënt teken die ooreenkoms tussen die plaas en Khulani
Werkers word op die vooraf ooreengekome datum op hul tuisdorp afgehaal en/of Khulani reël vervoer met privaat taxi’s om werkers na die plaas te vervoer
Werkers teken die kontrak in die spanleier se besit
Plaas doen induksieprogram met werkers (indien van toepassing). Induksiesessies word sterk aanbeveel. Verduideliking van dokumentasie, plaasreëls, higiëne en ondertekening van kontrakte en vrywaringsvorms kan hier plaasvind. Khulani se leiers kan as tolke optree indien nodig
• Daaglikse register word deur spanleier ingevul en deur aangewese persoon van die plaas gekontrolleer
• Register en/of stukwerksyfers word weekliks na die Khulani adminkantoor gestuur, of per e-pos of per faks
• Lone word verwerk en die kliënt word van ‘n BTW faktuur en betaalstaat voorsien
• Betaalstrokies en opgedateerde dagregisters word per e pos na die plaas gestuur. Dit word uitgedruk en Vrydag uitvaltyd aan die spanleier oorhandig.
• Kliënt betaal die faktuur teen Donderdae 15h00 sover moontlik
• Werkers ontvang elke Vrydag of twee weekliks (afhangende van die kliënt se voorkeur) hul lone per EFT
• Kliënt gee een week kennis wanneer Khulani se diens nie meer benodig word nie
• Werkers word terug geneem na hul tuisdorpe
Indien die kliënt tevrede is met die diens gelewer, word ‘n aanduiding aan Khulani gegee of die kliënt die volgende seisoen weer van Khulani se werkers gebruik wil maak. Sodoende verseker die Kliënt dat dieselfde spanleier die volgende seisoen terugkeer na die plaas, met ooglopende goeie gevolge.
Spanleiers is opgelei om te verstaan dat almal, ingesluit hulself, Khulani werkers, plaaswerkers en plaasbestuur, deel is van een groot familie wat daarvoor verantwoordelik is om die werk van die plaas effektief gedoen te kry. Deur verhoudings te bou en goed te kommunikeer word samewerking bevorder en trek al die partye voordeel uit die verbintenis.